Vir ouers


Wat is Sylvanian Families?

Sylvanian Families

Sedert 1985 alreeds, is die Sylvanian Families wêreldwyd onder mense geliefd. Dit is ’n nostalgiese speelgoedreeks wat mense in verskillende ouderdomsgroepe aantrek. Dit is gebaseer op drie konsepte, die Natuur, Familie en Liefde en kinders kan die krag van die verbeelding ontgin en leer om vir mekaar om te gee en met mekaar te deel. Sylvanian Families is daar om kinders te help om belangrike sosiale vaardighede te ontwikkel.

Omgewing

Sylvanian Families Sylvanian Families

Al die families woon in die Sylvanian dorpie waar almal die natuurlike wêreld geniet. Geposisioneer rondom die genot van die alledaagse, gerieflike lewe, dek ons handelsmerk ’n reeks aktiwiteite waarin hulle verskillende speelpatrone kan ontdek en hulle eie stories kan skep.

Familie

Sylvanian Families

Elkeen kan deel wees van die familie en leer van verhoudings insluitend goedhartigheid en liefde teenoor ander.

Produk

Sylvanian Families

Daar is ’n verskeidenheid huise, winkels, meubels en bybehore wat almal baie gedetailleerd is. Elke karakter het ’n oulike, unieke gesigsuitdrukking en het goeie vorm en grootte. Van nature gee die fluweelagtige oppervlak van die figure ’n warm voorkoms wat kinders baie van hou om aan te raak.

Speel waarde

Sylvanian Families

Sylvanian Families is ’n immergroen speelding en het vriendelike aanklank by elkeen. Dit het baie verkillende aspekte waarby ’n wye groep meisies aanklank kan vind, insluitend popspeel, huisversiering, versameling van meubels en die verandering van die uitrustings. Daar is geen reëls of regulasies nie en dit laat kinders toe om hulle eie stories te skep.

Emosie

Sylvanian Families bevorder gesonde speel en het ’n blywende aantrekkingskrag wat die ontwikkeling van denke en emosies help ontwikkel.