Chiffon Hondfamilie

Familie-stel

Produkbeskrywing

Gordon gee altyd die perfekte raad aan elkeen in die dorp met ’n probleem. Hy is ook ’n bekwame en vinnige aanvaller wat die voetbalspan na oorwinning lei gedurende toernooie. Hy dra sy voetbal vaardigheid oor aan die kinders as die afrigter van die dorp se voetbalspan.
Delia is goed met die wegpak van goed en kan altyd als wat sy nodig het dadelik kry uit haar goed georganiseerde kaste. Sy pak speelgoed weg wat haar kinders besig is om mee te speel terwyl hulle aandag elders is en dus word die kinders kwaad en sê, ""ons speel nog met daardie!""
David is ’n vinnige hardloper. Hy bied aan om allerhande boodskappe vir mense te gaan oordra en maak dit dan baie vinnig klaar. Toe ’n vriend wat kom speel het, iets vergeet het, het hy gehardloop om dit na sy vriend se huis te neem maar het sy vriend verbygesteek op pad na sy huis.
Karen is ’n goeie student en beantwoord dikwels almal se vrae by die skool. Sy is veral goed in Wiskunde en kry altyd volpunte vir toetse. Sy is die engste een in faar familie wat nie goed met sport is nie maar sy probeer haar bes om vinniger te hardloop met David se hulp.

Inhoud van boks

Item Code : 5000
  • Kippel dit alles!