Systof Katfamilie

Familie-stel

Produkbeskrywing

Sedert hy ’n klein seuntjie was, hou Fred daarvan om te dans en hy het elke soort dans geleer. Hy is veral goed met baldanse saam met sy vrou Holly. Hy is gewoonlik van die stil soort maar hy kry sommer lewe wanneer hy danslesse vir die kinders van die Sylvanian dorpie gee.
Holly is lief daarvoor om kruietee by die venster te sit en drink. Sy hou van kant en dra altyd ’n kant tjalie wat sy self gebrei het. Daar is nie baie Sylvanians
wat so goed is met kant breiwerk soos Holly nie, dus leer sy ander moeders in die Sylvanian dorpie hoe sy dit doen.
Toby is baie goedhartig en liefdevol teenoor almal. As een van sy vriende harseer is, gaan bemoedig hy hulle. By die huis voer hys die dansies uit wat hy by sy vader, Fred geleer het. Toby se kleiner boeties en sussues hou van sy dansvertonings.
Tiffany se droom is om ’n modeontwerper te word. Haar sketsboek is vol van haar ontwerpe. Sy is gewoonlik te skaam om vir mense haar sketse te wys maar sy hoop dat al haar vriende eendag haar klere sal dra wat sy ontwerp het.

Inhoud van boks

Item Code : 4175
  • Kippel dit alles!