Afslaankapmotor

Die beste motorrit ooit

Freya, die Sjokolade Haasmeisie, se falilie het ’n spinternuwe motor. Dit was ’n pragtige, oranje tweesitplek afslaankapmotor. Dit is baie nuttig vir inkopies en Freya kon saamgaan. Freya was mal daaroor om langs haar ma in haar vader se nuwe afslaankapmotor te sit. Eendag het Freya se oupa haar uitgenooi vir ’n sonsondergang bootrit by die Seebries Kaap.

“Pappa sal jou daarheen neem in die afslaankapmotor”,
sê Freya se moeder.
Freya was baie bly. Sy het gehoop dat sy vir ’n langer rit in die motor kon gaan.
“Kom ons gaan doen eers inkopies vir jou bootrit”,
sê Freya se moeder.
Sy het Freya na die boetiek geneem en koop vir haar ’n lekker sak wat perfek is vir die bootrit.

Die oggend van die bootrit reën dit.
“Ag nee!” sê Freya se moeder.
“Nou sal Freya nie op haar bootrit kan gaan nie”.
“Dis waarskynlik lekker weer by die Seebries Kaap”,
stel Freya se vader haar gerus.
“Ons sal maar net die afslaankap van die motor moet toemaak as ons ry.”
“Totsiens!”,
roep Freya en haar vader vrolik toe hulle wegry in die afslaankapmotor.

Die reën het sowaar opgehou terwyl Freya en haar vader op pad is na die Seebries Kaap.
“Kom ons neem ’n ekstra rit op pad soontoe”,
sê Freya se vader.
“Ons gaan iets baie mooi sien.”
Freya en haar vader bereik die top van ’n hoë berg met ’n asemrowende uitsig. DIe reën het gestop en die son loer deur die wolke - saam met ’n groot, groot reënboog!
“Sjoe!” roep Freya opgewonde.
“Dit is so mooi!”
Freya en haar vader bewonder die reënboog.

Na’n rukkie sê Freya se vader,
“Wel, nou dat dit opgehou reën het, kom ons maak spore na die Seebries Kaap!”
Hy maak die afslaankap van die motor oop en ry vinniger met die motor.
“Wheeeeee!” roep Freya gelukkig uit.
“Dit is soveel pret!”
DIe natuurskoon vlieg by hulle verby en ’n lekker windjie waai om die afslaankapmotor.

Net toe die lug begin rooi verkleur en die son bokant die see sak, kom Freya en haar vader by die Seebries Kaap aan.
Freya hardloop na die kaai waar haar grootouers wag en vertel hulle alles van haar wonderlike rit in die afslaankapmotor.
“Dit was so lekker pret!” sê sy.
“Ons het so vinnig gery, ek kon dit nie glo nie!”

Die familie gaan toe aan boord van die boot en stil trek die boot weg in die rigting van die sakkende son.
“Om uit te gaan op die see is baie lekker, maar ek glo dat ’n motorrit in die wind ook baie lekker is!”
sê Freya se oupa.
“Ek en jy kan môre vir ’n rit langs die see gaan”,
stel Freya se ouma voor.
“Jippie!” sê Freya.
“Ons gaan lekker baie rondry!”
Freya kon nie wag vir die volgende dag wanneer sy saam met haar ouma in die seebries gaan rondry nie.



DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.