Geheime Eiland Teater

’n Groot avontuur by die Geheime Eiland Teater

Naby die Seebries Kaap was ’n eiland wat die Avontuureiland genoem word. Avontuureiland het ’n baie mooi inham wat net per boot bereik kon word. Reg aan die agterkant van die inham was die kinders se Geheime Eiland Teater. Baie avonture het gewoonlik begin met die woorde,
“Kom ons ontmoet by die Geheime Eiland Teater!”
DIe kinders spring in die helder water om te swem en lê dan op die strand en laat die klank van die branders hulle aan die slaap sus. Dit was hulle spesiale speelplek.

Op ’n dag toe die Sylvanian families op pad is na die inham toe, vertel Rhys, die Sjokolade Haasoupa, vir die kinders iets baie opwindend.
“Hulle sê dat ’n reënboogvis in die see by hierdie inham lewe”, sê hy.
“Dit is die pragtigste vis wat al ooit gesien is.”
Die kinders was baie opgewonde.
“Ek wil dit sien!”
“Kom ons almal soek daarvoor!”
sê Shane, die Gestreepte Katseuntjie.

Shane was die mees opgewonde van almal. Hy is baie lief vir avonture. Hy roep toe ’n vergadering in die Geheime Eiland Teater sodat die kinders hulle avontuur kan beplan.
“Die Groot Soektog na die Reënboogvis het begin!” verklaar hy.
Gou kry die kinders ’n idee.
“Kom ons klim hoog op sodat ons die inham beter kan sien!”
besluit hulle. Hulle klim toe op na die uitkykplek op die dak en kyk af na die see.

“Kan julle dit sien?” vra Shane.
“Nee, ek sien dit nêrens”, sê die ander.
Hulle probeer toe om deur die verkyker te kyk maar nog steeds kon hulle nie die vis gewaar nie. Freya, die Sjokolade Haasmeisie, kry ’n nuwe idee.
“Waarom gaan duik ons nie in die see en probeer die vis op daardie manier vind nie?” stel sy voor.
Die ander kinders het gedink dat dit ’n goeie idee is.
“Verandering van planne!” verklaar Shane.

Die kinders sit hulle duikbrille op en trek hul paddavoete aan en duik in die see, die een na die ander. Die kinders swem om en om in die helder water, maar die reënboogvis is nêrens te siene nie. Na ’n rukkie begin die kinders moeg word en oorweeg dit om op te gee.
“Ek sien nie die vis hier êrens nie”, sê Ralph.
“Miskien was Oupa verkeerd omtrent die vis”, sê Freya.
Maar net daarna skree Piers, die Beertjieseun opgewonde.

“Oe!” skree hy.
“Kyk!”
Die oppervlak van die water in die inham het skielik begin glinster in al die kleure van die reënboog. ’n Groot, reënboogkleurige vis spring uit die see en stuur ’n sproei water in die lug op toe hy terugplons.
“Dit is die reënboogvis!” roep die kinders.
Hulle spring terug in die water om van nader te kan sien. Maar die vis swem terug na die seeblou diepte van die seebodem en het nie weer teruggekom nie. Die kinders was baie teleurgesteld.

“Dit is weg!” kla hulle.
Maar toe kyk hulle na die rotse in die see en sien ’n groot gat.
“Daar is ’n gat!” sê Freya.
“Ek wonder waarheen dit lei”, sê Ralph.
Toe die kinders by die gat inloer, word hulle weer baie opgewonde.
“Kom ons gaan ondersoek dit!” roep Shane.
En so begin die kinders se volgende avontuur.



DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.