Baksteenoond Bakkery

’n Wonderlike geskenk

Al die kinders van die Sylvanian dorpie was mal oor die Baksteenoond Bakkery. Elke dag het hulle soontoe gegaan. Die bakkery het ’n groot baksteenoond en almal het altyd geweet wanneer die varsgebakte lekkernye gereed was vanweë die heerlike geur. Sodra die kinders die reuk kry, roep hulle,
“Kom ons gaan na die bakkery!”,
en hardloop soontoe so vinnig as wat hulle bene hulle kon dra.

Eleanor Bramble, die Krimpvarkiemoeder, was die bakker. Sy het altyd die kinders vrolik gegroet.
“Hallo!” sal sy sê.
“Ek het julle verwag.”
Sy sal dan croissante, pain au chocolat en baie ander heerlike kekkernye uitpak.
“Oe!” sal een van die kinders sê.
“Dit lyk lekker!”
“Ek weet nie watter een om te kies nie”, sal ’n ander byvoeg.
“Ek wil hulle almal eet!”
Daar was so baie lekker dinge om van te kies, dit was moeilik vir die kinders om te besluit. Alles het so smaaklik - en pragtig gelyk.

Op ’n dag het Freya, die Sjokolade Haasmeisie en Saffron, die Okkerneut Eekhoringmeisie, na skool by die bakkery aangegaan op pad terug huis toe. Freya kies ’n aarbei Danish en Saffron kies ’n okkerneutbolletjie.
“Dit lyk so mooi dat ek dit amper nie kan eet nie”, sê Freya gelukkig.
“Ek wil dit net in my kamer neersit en daarna kyk.”

Dit gee vir Saffron ’n idee. Die volgende oggend besoek Saffron die bakkery alleen en vra vir Eleanor ’n guns.
“My moeder is mal oor julle kos”, verduidelik sy.
“Kan julle iets spesiaal bak vir haar verjaardag?”
Eleanor het gedink dis ’n wonderlike idee.
“Natuurlik kan ek!” antwoord sy.
“Waaarvan sal jou moeder hou?”

Saffron en Eleanor dink en dink daaroor en praat en praat maar hulle kon nie aan ’n goeie idee dink nie. Op daardie oomblik kom Freya die bakkery binne. Toe Freya hoor van Saffron en Eleanor se plan, sê sy,
“Ek weet! Jou moeder nooi altyd almal uit na julle huis, so waarom maak julle nie ’n brood in die vorm van ’n huis nie?”

Wat ’n goeie idee! Saffron en Eleanor was baie bly.
“Ek sal vir jou moeder ’n wonderlike brood bak”, sê Eleanor.
“Wag maar net, jy sal sien!”
Saffron en Freya is so opgewonde toe hulle daardie dag huis toe stap.
Op die dag van Yardley, die Okkerneut Eekhoringmoeder se verjaardagpartytjie, gaan Saffron en Freya na die bakkery om die brood te gaan haal wat Eleanor gebak het. Dit was baie groot!

“Julle huis het plek vir almal en daarom wou ek gehad het die brood moet ook so mooi groot wees”,
verduidelik Eleanor glimlaggend.
“Maar ek dink ek het bietjie oorboord gegaan!”
“Baie dankie, mevrou Bramble!”
sê Saffron opgewonde.

Yardley was ingenome met haar geskenk en elkeen by die partytjie het saamgestem dat dit ’n wonderlike brood was. Vanaf daardie dag was Eleanor baie besig met bestellings vir nog spesiale brode.
“Ek wil ’n kar-brood hê!”
sê Shane, die Gestreepte Katseuntjie.
Eleanor se heerlike lekkernye was nog meer gewild as ooit.



DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.