Boetiek

Die boetiek van drome

’n Nuwe boetiek het in die Sylvanian dorpie oopgemaak. Freya die Sjokolade Haasmeisie staar by die venster in en snak na haar asem.
“Dis so pragtig!” roep sy uit.
Die winkelier, Cecilia, die Persiese Katmoeder, groet die kliënte. Sy het ’n pragtige rok aan. DIe winkel was vol pragtige rokke en skitterende juwele. Freya het nog nooit sulke wonderlike dinge gesien wat mens kan dra nie.

Op daardie oomblik val Freya se oog op baie mooi pienk oorringe in die venster.
“Sjoe”, dink sy.
“Dit is so mooi!”
Sy wou dit graag koop maar was te skaam om op haar eie by so ’n weelderige boetiek in te gaan.
Freya het baie kere teruggekom om deur die venster van die boetiek te loer. Op ’n dag maak Cecilia, die Persiese Katmoeder die deur oop, glimlag vriendelik vir Freya en sê:
“Wil jy graag inkom, skattebol?”

Freya gaan senuagtig die boetiek binne.
“Jy hou hiervan, nie waar nie?”
sê Cecilia terwyl sy die oorringe uit die glaskas uithaal. Toe sien Freya dat daar ook ’n pragtige halssnoer is.
“Sjoe!” dink sy.
“Dit sal perfek wees vir Mamma.”

Freya besluit om vir haar moeder die halssnoer as ’n geskenk te koop. Die volgende Sondag oorhandig Freya die lieflike halssnoer aan haar moeder. Haar moeder was baie bly - en sy het ook ’n verrassing vir Freya gehad!

“Ek het gister vir jou iets gekoop”, sê sy.
“Ek dink jy sal mooi lyk daarmee.”
Sy oorhandig haar geskenk. Dit was die pienk oorringe wat Freya so bewonder het!
Freya was oorstelp.
“Ek wou nog altyd hierdie gehad het!” sê sy.

Freya vertel vir haar moeder van haar uitstappie na die boetiek.
“Ek was senuagtig toe ek ingaan, maar dit was so wonderlik!”
Freya se moeder glimlag.
“As ek dit reg het, dan is dit binnekort die Okkerneut Eekhoringfamilie se partytjie, nie waar nie? Kom ons gaan na die boetiek en koop rokke wat by daardie oorringe pas.”

Freya en haar moeder sit die oorringe en halssnoer aan en ry na die boetiek in hulle afslaankapmotor.
“Hallo al weer!” sê Cecilia, glimlaggend.
Sy het lieflike rokke vir Freya en haar ma gekies om aan te pas.
“Sjoe!” sê Freya terwyl sy na haar weerkaatsing in die spieël kyk.
“Dit is pragtig!”
Freya het nog altyd net gedroom om so ’n pragtige rok te dra.
“Hierdie sal mooi lyk saam met die rokke, hoe dink julle?”
stel Cecilia voor, terwyl sy twee bypassende handsakke in verskillende kleure bring.

Freya en haar moeder sit die handsakke oor hulle skouers. Freya se handsak pas pragtig by haar rok.
“Ek lyk soos ’n prinses!”
sê Freya ingenome, al draaiende in die rondte. En so het Cecilia, die Persiese Katmoeder die Sylvanian dames en dogters se drome waar gemaak met haar wonderlike boetiek.



DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.