Platteland Boomskool

Laat daar sterre wees

“Goeiemôre!”
Die kinders het vandag vol ywer en lewe na die skool gekom. Dit was die dag waarvoor hulle gewag het.
“Goeie môre, almal,”
het Patrick Petite, die skool se hoofonderwyser gesê.
“Weet julle wat ons vandag gaan doen?”

“Sterre-kyk!”
skree al die kinder vrolik.
Hulle het almal uitgesien na die sterre-kyk. Maar daar was een ding waaroor elkeen bekommerd was.

Dit was bewolk sedert die oggend. Hulle sou glad nie enige sterre kon sien as dit so bly nie.
“Sal dit teen vanaand opklaar?”
wonder die kinders.
Die hele dag lank kyk hulle by die vensters uit gedurende die klas.

Vandag se les het oor die konstellasies gegaan , die patrone van die sterre.
“Elke seisoen bring verskillende konstellasies”,
sê meneer Petite.
Daarna vertel hy stories oor sommige konstellasies.
“Watter konstellasies gaan ons vanaand sien?”
vra die kinders.
Hulle kon skaars wag vir die aand om aan te breek.

Die meisies het baie pret gehad deur oor die konstellasie te praat gedurende middagete.
“Wat is jou sterreteken?”
vra Freya, die Sjokolade Haasmeisie vir Andromeda, die Beertjiemeisie.
“Ek is’n Bul”, antwoord Andromeda.
“Wat van jou, Freya?”
“Ek is’n Weegskaal”, sê Freya.
“kom ons kyk dit op in die boek.”
Hulle was almal opgewonde. Maar buite was die lug nog steeds bewolk.

“Kom ons vra die blou lug om uit te kom”, sê hulle.
Die kinders gaan buite toe na die skoolgrond en begin skree:
“Wolke, wolke gaan weg! Kom uit, sonskyn, kom uit!”
Net toe breek’n sonstraal deur die wolke en gou-gou begin die blou lug deur die wolke te loer.

“Hoera! Dit klaar op!”
Almal is baie bly.
Meneer Petite lyk ook baie bly.
“Mooi so elkeen”, sê hy.
“Julle wens moes gehoor gewees het.”
Daardie aand begin die sterre te skyn toe die son ondergaan.

Die kinders kyk opgewonde deur die teleskoop.
“Sjoe!” roep hulle uit.
“Dit is so pragtig!”
Daar was skitterende sterre so ver die oog kon sien. Almal was baie beïndruk.
“Watter konstellasie is dit daardie meneer Petite?”
vra die kinders. Mnr. Petite verduidelik terwyl hulle beurte neem om deur die teleskoop te kyk. Dit was’n wonderlike aand en die kinders glimlag net so blinkoog soos die sterre bokant hulle.



DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.