Hamburger Restaurant

Kom ons gaan na die Deurry!

’n Hamburger restaurant het in die Sylvanian Bos oopgemaak. Elkeen is gek oor die gebou, met sy stylvolle mengsel van baksteen en roomkleurige mure. Die groot naambord op die dak is’n baken.
Wanneer die aroma van hamburgers die lug vul, begin almal se mae rammel en dan moet hulle eenvoudig na die hamburgerplek toe gaan!
Wanneer jy daardie spesiale deur oopmaak...
“Hallo! Kom binne!”
Die Systof Katvader, Fred en sy vrou is daar om jou te verwelkom.

En dan…
“Wat sal dit vandag wees?”
Tiffany , die Systof Katmeisie is daar met’n groot glimlag. Dit is’n lekker, ontspanne plek wat altyd vol is.
Holly, die Systof Katmoeder, is goed met ontwerp. Sy het die binnekant van die restaurant ontwerp en die familie se drieverdieping huis ook.

Piers, die Beertjieseun, lees die spyskaart bokant die toonbank.
“Aartappelskyfies en sap, en… sal ek ’n visburger of’n tamatieburger neem?”
Hy kan net nie besluit nie!
Op die ou end, besluit hy om beide te neem. Terwyl hy wag, hou hy aandagtig vir Fred dop wat die hamburgers braai en geurmiddel by die aartappels voeg.

Vanaf die sitplekke by die groot venster, kan jy altyd meisies hoor lag en speel.
Terwyl Tiffany werk, stop sy dikwels om te gesels. Daar is baie ander tafels en’n terras, dus is die hamburger restaurant gewild by mammas en pappas sowel as kinders.

En almal is gek na die Deurry!
As jy met jou motor kom, stop jy by die Deurry se venster aan die regterkant van die restaurant. Jy bestel hamburgers en aartappelskyfies en ander goed vanaf die spyskaart op die buitenste muur, en hulle bring dit reguit na jou motor toe!

Maar toe die restaurant die eerste keer geopen het, het hulle’n paar probleme gehad. Mense was nog nie gewoond aan die Deurry nie.
“Wat is’n Deurry?” het hulle gevra.
Niemand was eintlik daarin geïnteresseerd nie.
“Met’n Deurry kan jy hamburgers en koeldrank vanuit jou motor bestel,”
verduidelik Fred, en die Sjokolade Haasfamilie het toe besluit om dit te probeer. Hulle het in die motor bestel, maar toe hulle die kos bring, toe neem hulle dit in na die restaurant en eet dit daar!

Yardley, die Okkerneut Eekhoringmoeder het na die deurry gekom terwyl sy haar babastootwaentjie gestoot het.
“Hamburger asseblief!”
sê’n oulike stemmetjie en reg onder die Deurry se venster was haar babas in hulle speelgoedkarretjies!
Sommige mense het hulle motors agteruit ingestoot en die Deurrybaan geblokkeer, en sommige mense het selfs hulle bestellings geplaas en dan weggery sonder om hulle hamburgers te kry!
“Dit was snaaks, was dit nie?”
Nou lag almal net oor al die snaakse goed wat gebeur het.
Nou weet almal natuurlik hoe om die Deurry te gebruik en somtyds kom families maar net omdat dit daar is. Deesdae is die hamburger restaurant baie besig.
“Hallo! Dit sal net’n paar minute wees,”
sê Tiffany terwyl sy vrolik in die restaurant rondbeweeg.

Eendag toe Tiffany by die restaurant inkom, vind sy haar vader alleen daar. Hy gee vir haar’n wegneemsakkie.
“Jy help altyd hier uit,” sê hy,
“so ek gee vir jou hierdie as’n geskenk,”
“Dankie Pappa!" sê Tiffany.
Sy maak die sal oop en daarbinne is’n hamburger.
“Ek het gewonder waarvan jy die meeste hou, en al waaraan ek kon dink, was’n hamburger,”
sê haar vader met’n verleë laggie.

Maar wanneer Tiffany die hamburger sien, sê sy.
“Sjoe! Is dit nou nie oulik nie!”
Sy is in haar noppies. Dit is’n spesiale hamburger, met die vleiskoekie en broodjies in die vorm van Tiffany haarself, en’n tandestokkie hou dit bymekaar. Sy kan dit met een hap eet en dit smaak heerlik!
“Dankie Pappa,” sê sy.
“Ek weet! Waarom sit ons nie hierdie ook op die spyskaart nie?”

Met Tiffany se voorstel word daar toe’n spesiale hamburger op die spyskaart bygevoeg.
En dan….
“Is dit nou nie oulik nie!”
DIe kinders is almal mal daaroor! Met lekker hamburgers en altyd’n warm verwelkoming van Tiffany, word die Hamburger Restaurant net meer en meer gewild by die dag!

DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.