Supermark

Die supermark is baie besig!

Die Sylvanian dorp se supermark is altyd vol heerlike kos. Die eienaar, Perkin, die Grys Katvader, is bekend daarvoor dat hy goeie eetgoed vind om te eet.
Op’n dag hoor Perkin van raar en baie gesogte sampioene en hy besluit om uit te gaan in die berge.
“Ek sal nie terug wees voor baie laat nie,”
sê hy vir Austin, die Grys Katseun en Zara, die Grys Katmeisie.

“Hou asseblief vandag vir my’n oog by die winkel.”
Toe Freya, die Sjokolade Haasmeisie en Ralph, die Okkerneut Eekhoringseun dit hoor, steek hulle hul hande op.
“Ons sal help!”
sê hulle. Hulle wou nog altyd in die supermark help.
Nadat Perkin weg is, kom Holly, die Systof Katmoeder by die supermark in.

“Welkom!” roep Freya en Ralph.
Terwyl Holly in die winkel rondkyk, hardloop hulle vooruit.
“Wat van’n bietjie lekker, vars groente?” sê Freya.
“Die brood is vars gebak, jy weet,” sê Ralph.
Holly gaan huis toe met arms vol kruideniersware.

“Sy het baie dinge gekoop wat ek aanbeveel het,” sê Freya.
“Sy het meer goed gekoop wat ek aanbeveel het,” sê Ralph.
Dus besluit hulle om te sien wie kan die meeste verkoop. Toe Zara hulle sien, skud sy net haar kop.
“O wel,” sê sy en bly stil.
“Freya sal sekerlik baie verkoop.” dink Ralph.
“Wat kan ek doen?”

Toe kom Hilda, die Marmotmoeder in met haar tweeling.
Sy sukkel om goed te dra terwyl sy die babastootkarretjie stoot.
Ralph kry’n idee.

“Ek weet! Ek sal al die goed wat sy koop vir haar aflewer!”
Ralph is vinnig en aktief want hy is’n eekhoring, dit pas hom dus perfek.
“As jy by my koop, sal ek alles vir jou aflewer!”
“Ja, asseblief!”
sê die kliënte en hulle kom oor na Ralph se kant toe.
“Dit was’n briljante idee!”
sê Ralph, wat nou baie besig is.

Freya weer, dink,
“Ek hou van koskook, dus gaan ek dit gebruik om te adverteer.”
Sy besluit om kos van die supermark te gebruik om soet goed te maak en laat die kliënte daarvan proe.
Op die tafel is daar pasteie en allerhande goed uitgepak wat heelik lyk.
“Probeer asseblief,” sê Freya.
“Dit is alles gemaak met die kos van hierdie supermark.”

Gou-gou is die supermark vol kliënte en Freya is besig met kosmaak.
“Hoera, ek wen!”
sy glimlag terwyl sy rondskarrel. So, aanvanklik doen altwee inderdaad baie goed.

Maar na’n rukkie het Ralph so baie om af te lewer dat hy deurmekaar begin raak.
“Laat ek sien…wortels vir die Melk Hase, mielies vir die Chihuahua’s…wat was daar nog?”
Die Beertjies kry vis terwyl hulle aartappels verwag het en die Rooibokke kry slegs een van hulle tamaties. Daar is meer en meer foute soos hierdie en uiteindelik roep Ralph uit,
“Ek kan dit nie doen nie!”

Intussentyd is almal baie ingenome met wat Freya gemaak het, maar sy het al die bestanddele opgebruik en daar is niks oor vir die kliënte om te koop wat daarna vra nie.
Al wat sy kan sê is,
“Ek is jammer, als is uitverkoop,”
en stuur hulle met leë hande weg.

Ralph en Freya het te hard probeer, en al wat hulle gedoen het was om moeilikheid te veroorsaak.
Laat daardie middag, terwyl hulle skoonmaak, vra Ralph en Freya vir Austin en Zara om verskoning.
“Ons moes nie so hard probeer het om mekaar te wen nie,” sê Freya.
“Ek is jammer ons het so baie moeilikheid veroorsaak,” sê Ralph.

“Dis als reg. Julle het albei baie hard probeer,”
sê Austin en Zara om hulle op te beur, maar dit help nie eintlik nie.

“Om uit te help in die supermark was’n groot fout. Hulle sal ons nooit weer toelaat om dit te doen nie,”
dink Freya en Ralph hartseer toe hulle huis toe gaan. Maar die volgende dag het Zara’n verrassing vir hulle. Sy vertel hulle die supermark is vol mense wat hulle goed afgelewer wil hê, of wat gehoop het daar is kos om te proe. Freya en Ralph se idees vir die proe en aflewering was’n groot sukses.

“So kom en help een of ander tyd gerus weer in die supermark ,”
sê Zara.
Freya en Ralph is oorstelp.
“Sekerlik! Ons is mal oor die supermark,”
sê hulle.

DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.