Drieverdieping huis

Te veel meubels

Die Systof Katfamilie is warm verwelkom toe hulle by die dorp ingetrek het.
Hulle het’n huis nodig gehad, en dus het almal aan die werk gespring.

Holly, die Systof Katmoeder, het die huis ontwerp. Sy is baie lief vir stylvolle binnehuisversiering. Sy het’n notaboek waarin sy al haar ontwerp idees neerskryf.
En sy het nog altyd daarvan gedroom om’n pragtige huis te ontwerp wat by die natuurskoon van Sylvanian dorpie sal pas.

“Ek wil die perfekte huis hê vir die Sylvanian dorpie,” dink sy.
“Een wat almal gelukkig sal maak.”
En toe spring sy aan die werk met die ontwerpe van die nuwe huis.
“Ek sal graag daardie huis wil sien!”
het elkeen gedink vir wie sy haar notaboek gewys het.

“Ons moet vir die Systof Katfamilie geskenke gee wat by so’n huis sal pas,”
sê hulle terwyl hulle daarna uitsien om die nuwe huis te sien.
“Wat van’n stylvolle nuwe rusbank soos die een wat Holly in haar notaboek geteken het?”
sê Alex, die Melk Haasvader, en besluit om vir hulle’n rusbank te maak waarop twee kan sit.

“Ek hoop hulle sal van Sylvanian dorpie hou terwyl hulle in so’n lekker, gerieflike huis gaan woon,”
dink Alex, wat’n baie goeie skrynwerker is.
Hy het vir hulle’n lieflike rusbank gemaak en Kate, die Melk Haasmoeder, het’n pragtige oortreksel daarvoor gemaak.
Toe die Systof Katfamilie hoor dat hulle’n rusbank as geskenk gaan kry, was hulle baie bly.

Die Okkerneut Eekhoringfamilie het besluit op’n eetkamertafel en stoele as ’n geskenk.
Net soos die Melk Haasfamilie, het hulle ook gedink dat Holly se idee die beste was.

Op dieselfde wyse het die Chihuahuafamilie vir hulle’n laaikas gegee en Patrick, die Beertjievader het vir hulle ’n groot blompot gegee wat hy by die Bos Mark gevind het.
Hulle het ook beddens, lessenaars en boekrakke ontvang. Omtrent al die geskenke was meubels of ornamente.

“Dankie!” het al die Systof Katte gesê.
Hulle was baie bly maar daar was een klein probleempie.
Hulle het nou te veel meubels gehad vir’n tweeverdieping huis!
Selfs die lekkerste huis is moeilik om in te bly as dit te vol is met meubels. En hulle het alreeds twee vloere gebou, so hulle kon nie dit nou groter maak nie.

“Nou wat doen ons nou?”
Diep ingedagte kyk Fred, die Systofvader en Holly na die planne van die huis.
“Kom ons maak dit’n drieverdieping huis,”
se Toby, die Systof Katseuntjie, sonder om regtig mooi daaroor te dink.
“Goeie idee!”
sê Fred en Holly dadelik.
En dit is hoe dit gebeur het dat die Systof Katfamilie in’n drieverdieping huis begin woon het.

Toe dit klaar gebou is, het hulle almal in die dorp uitgenooi vir’n huisinwydingspartytjie.
Toe almal daar aankom, kyk hulle op na die drieverdieping huis.
“Wat’n pragtige huis is dit nie,” sê hulle.
Met sy pragtige rooi dak en sagte roomkleur hout- en baksteenmure, het dit perfek in die woud wat dit omring, gepas.

Die groot vensters op die onderste vloer was volgens die nuutste styl.
Met’n “toet, toet”,
kom die Sjokolade Haasfamilie se motor daar aan.
“Parkeer asseblief langs die huis, reg?”
Natuurlik sal“n pragtige huis soos hierdie plek hê vir gaste om te parkeer.

“Kom asseblief binne,”
sê Fred. Binne-in die huis is al die meubels wat hulle as geskenke ontvang het, uitgestal op presies die regte plekke.
’n Koel windjie het deur die groot vensters gekom.

“Dit is’n lieflike huis,” sê die moeders.
“Dit is baie ontspanne hier.”
“En is die kamers nie groot nie!”
sê die kinders. Dadelik klim hulle op na die boonste vloer.
“Ons het baie vensters op die boonste vloer geplaas sodat jy altyd die mooi omgewing kan sien. As ons deur die vensters na buite kyk met al julle meubels om ons, maak dit ons baie gelukkig, Baie, baie dankie!”

“Ons is regtig baie bly dat ons gekom het om in so’n wonderlike dorpie te kom woon met sulke wonderlike vriende. Julle moet gerus enige tyd vir ons kom kuier,”
sê die Systof Katfamilie.
“Ons sal vir seker!”
sê die dorpsbewoners.
En die wonderlike drieverdieping huis het weerklink met gelukkige stemme.



DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.