Stadshuis met Ligte

Welkom by die partytjie!

Freya, die Sjokolade Haasmeisie, het die eerste prys gewen by die Sylvanian dorpie se skolekuns kompetisie.
“Baie geluk, Freya!”
sê Ralph, die Okkerneut Eekhoringseun. Hy is baie bly vir haar onthalwe en net toe kry hy’n idee.
“Ek weet!” sê hy.
“Kom ons hou’n partytjie by my huis om dit te vier!”

Freya is baie goed met die onthaal van haar vriende en sy hou altyd wonderlike partytjies vir hulle.
Ralph wil ook hê hierdie partytjie moet’n manier wees om vir Freya dankie te sê. Hy besluit om verskillende goed waarvan sy sal hou, te maak en dit oral in sy huis neer te sit.

Ralph se vader is toevallig reg deur die hele dorp beroemd as’n uitvinder. Hy dink altyd nuwe toestelle en masjiene uit wat almal geniet. Ralph wil sy vader namaak en op daardie manier vir Freya bly maak.

Sy vriende dink almal dis’n baie goeie idee.
“Wanneer sy inkom, sal ons’n lig op haar laat skyn”, sê Ralph.
“Sal dit nie oulik wees as blomblare op haar reën nie?”
vra Tiffany die Systof Katmeisie.
“Wat van’n bord met die koek daarop wat aan tafel na haar toe beweeg?”
sê Oliver, die Melk Haasseuntjie. en die kinders kry al hoe meer en meer idees.

Hulle begin almal om die meubels te verskuif en om alles reg te kry. Toe alles reg is, is dit tyd vir’n toetslopie.
Maar…

“As Freya inkom, sal die lig eers op haar skyn,”
sê Tiffany, maar toe sy die deur oopmaak, gebeur daar niks.
Hulle wag vir die blomblare om saggies neer te daal vanaf die plafon, maar’n hele klomp blomme val skielik van bo af oor hulle koppe en niemand kan iets sien nie. Die bord op die tafel is veronderstel om stadig te beweeg terwyl dit die koek na vore bring. Maar dit beweeg te vinnig en die koek vlieg deur die lug en Rebecca, die Melk Haasmeisie is op die ou end vol room van kop tot tone.

Skielik gaan’n lig in die hoek van die kamer aan wat vir Piers, die Beertjieseun wys waar hy besig is om sy kieste vol lekkers te prop.
“Niks werk nie!”
huil Ralph. Almal is teleurgesteld.

En hier kom Freya ook.
“Ek hoor almal is besig om reg te maak vir die partytjie,” sê sy.
“Kan ek help?”
Maar dit is veronderstel om ’n verrassingspartytjie vir haar te wees.

“Nee, nee, ons is piekfyn!” sê Ralph vinnig.
“Maar julle almal help...”
“Ons kan dit self doen.”
“Wel, dis dan reg so,”
sê Freya, en draai om om te loop maar sy lyk baie eensaam terwyl sy wegstap.

“O, ek wens ek het nie dit gesê nie,” dink Ralph.
“Freya gaan dink sy word uitgelaat en dan sal sy dalk nie na die partytjie wil kom nie. Wat kan ek nou doen om haar weer gelukkig te maak?”
Hy dink hard en gou-gou het hy’n ander idee. Hy kry almal om te help, en hulle kollekteer lampe van oral oor die dorp.

Die aand van die groot dag breek aan en dis tyd vir die partytjie om te begin. Maar net soos Ralph gevrees het, voel Freya nie juis lus om te gaan nie.
Tiffany gaan om haar te gaan roep en wanneer Freya die deur oopmaak, kry sy’n groot verrassing.
Al met haar oprit langs, vanaf haar huis en na die straat tot in die verte, sien sy’n ry ligte. Ralph en sy vriende het al die lampe wat hulle gekollekteer het, langs die pad in’n ry geplaas.

“Dit is so mooi!”
Freya en Tiffany volg die ry ligte. Dit lei na Ralph se huis, wat heeltemal verlig is.
“Ek is nog nooit êrens heen gelei wat so mooi is nie,” sê Freya vroli

Maar dis nie al nie.
Toe Freya die deur oopmaak, gaan al die ligte af en almal is in donkerte gehul.
En die volgende sekonde kom daar’n lig aan wat net op Freya skyn.
“Baie geluk met die wen van die eerste prys by die kunskompetisie!” roep almal uit.
Freya is totaal oorbluf. Die ligte gaan weer aan en nou reën blomblare vanuit die lug neer. Op die balkon bokant haar is al haar vriende, glimlaggend en hulle waai vir haar.
Op die tafel begin die bord te beweeg. Op die bord is’n groot koek met’n prent van Freya daarop uitgebeeld.
Hierdie keer het al die goed wat Ralph en sy vriende uitgedink het, perfek gewerk.

“Ek is jammer oor die ander dag,” sê Ralph vir Freya.
“Ons wou al die dinge reg kry sonder dat jy daarvan weet.”
Freya is diep geraak.
“Dit is wonderlik!”
Sy sê: “Baie dankie julle almal!”
En so begin die partytjie by die Stagshuis met Ligte.



DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.