Beginnerhuis

Die Geheim van die Monument

Op’n dag het die Sjokolade Haas Familie’n entjie gaan ry. Hulle hou almal van die geskiedenis en die legendes van die Sylvanian dorpie.
Hulle gaan na al die plekke in die dorpie waarvan daar stories vertel word.
Freya, die Sjokolade Haasmeisie en Coco, die Sjokolade Haasseun het baie pret by plekke soos Feetjie Poel of die Eggo Bos.
“Sjoe! Dink jy ons sal feetjies daar kan sien?”
“Kom ons probeer die boom vind wat eggo as mens daarop kap.”

Die enigste keer wat hulle na Teri, die Sjokolade Haasmoeder luister, is by die Blom Tuin.
“Hulle sê in die Sylvanian dorpie dat daar’n blom is vir die maand waarin jy gebore word wat geluk vir jou sal bring. Elke baba wat in die dorp gebore word, kry’n bos van daardie blomme vanaf ons almal.”
Die laaste keer wat die Sjokolade Haasfamilie gedurende hulle rit stop, is by die Houthuis Museum, wat die eerste gebou is wat ooit in die dorp opgerig is. Ou gereedskap en meubels word daar noukeurig bewaar.

Terwyl Frasier en die ander buite die natuurskoon bewonder, klim Freya en Coco op na die solder.
“Ek wonder of kinders in die ou dae wegkruipertjie in hierdie solder gespeel het, ” sê Coco.
Aan die ander kant in’n hoek sien hulle’n paar name wat in die muur uitgekerf is.

“Ek raai kinders het in die ou dae gewoonlik op die mure ook geskryf,” sê Freya.
Net vir die pret, kerf die kinders ook hulle name in die muur. Hulle het dit net as ’n grappie bedoel maar…

“Gister het ons ’n entjie gaan ry en het by die museum gestop”,
vertel Freya vir haar vriende die volgende dag by die skool. Andromeda, Beertjiemeisie vertel toe vir haar iets.
“Hulle sê die mense wat daardie huis gebou het, het hulle name in die muur van die solder gekerf. Dit is baie belangrik,” sê sy.
Toe hulle dit hoor, was Freya en Coco geskok!

Hulle is glad nie verder in die bui om te leer nie.
Die hele dag by die skool, en nadat hulle huis toe gegaan het, is hulle net die heel tyd vol bekommernis.
“Ons het iets belangrik verwoes!”

“Julle twee lyk nie baie gelukkig nie,” sê hulle vader en moeder.
“Wat is verkeerd?”
Maar die twee kinders is nie dapper genoeg om te sê nie. Hulle voel nie lus om met hulle vriende te speel nie en vir’n lang ruk bly hulle in hulle kamers.Skielik sê hulle vader en moeder,
“Kom ons gaan ry’n entjie.”
Hulle het geen keuse as om in die motor te klim nie. Hulle vader en moeder praat normaal, asof hulle nie oplet dat hulle twee kinders baie stil en hartseer is nie. Terwyl Freya en Coco na die pragtige natuurskoon kyk, begin hulle’n bietjie ontspan.

Toe hulle die plekke in die dorp sien waarvoor hulle so lief is, dink hulle aan hulle vriende en bietjie vir bietjie begin hulle voel hulle moet met die waarheid uitkom.
“Pappa… Mamma…”
Skielik borrel die twee se storie uit oor die uitkerf van hulle name op die muur van die museum.

Vader luister stil. "Goed," sê hy saggies.
“Ons moet almal na die Burgermeester se huis gaan om om verskoning te vra.” Moeder stem saam.
“Dankie Pappa! Dankie Mamma!”
Freya en Coco glimlag ten einde laaste en die motor draai in die rigting van die Burgermeester se huis. Hulle is egter senuagtig om vir die Burgermeester te vertel.

Wanneer hulle die Beertjie Familie se huis nader, is Freya en Coco amper in trane.
“Ons is regtig baie jammer, meneer Porridge!”
“By die Houthuis Museum het ons…”
Hulle vertel hom die hele storie. Patrick, die Beertjievader, lag egter dawerend.
“Ek is jammer ek lag,” verduidelik hy vrolik.

“Dit is goed dat julle my kom vertel het, maar julle hoef nie daaroor bekommerd te wees nie. Dit in nie so’n belangrike uitstalling nie. Om die waarheid te sê, ek het self my naam op daardie muur uitgekrap toe ek’n seun was. Ek het maar net die storie opgemaak om vir my kinders te vertel. Dit maak ons vennote in ons stoutigheid, nie waar nie? So, ons sal maar laat dit ons geheim wees.”
“Wat?! Is dit waar?”
Die hele Sjokolade Haasfamilie bars verlig uit van die lag.

“Maar ek wil nie hê dat julle twee verder in die moeilikheid moet kom nie,” sê Patrick.
“Ons sal nie,”
sê beide die kinders gehoorsaam vir Patrick. Die kinders is jammer oor wat hulle gedoen het, maar hulle is ook heimlik bly dat hulle deel is van’n geheim van die Sylvanian dorpie.

DIE EINDE

KENNISGEWING


Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.

Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.

Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.