Okkerneut Eekhoring Familie

Familie-stel

Produkbeskrywing

Cedric hou van houtwerk en is baie goed daarmee! Hy kom altyd vorendag met unieke goed om vir ander Sylvaniane te maak. Hy maak baie verrassende artikels wat niemand nog voorheen gesien het nie. Net sy familie weet dat hy ook ’n klomp projekte gehad het wat nie ’n sukses was nie - hy steek dit in sy stoorkamer weg!
Yardley hou daarvan om met ander Sylvaniane te gesels. Haar uit-die-maag-lag kan dikwels gehoor word en sy het altyd vriende om haar. Sy is baie trots op haar bossie stert met sy blink pels en sy maak seker dat sy dit elke aand borsel voor sy bed toe gaan.
Ralph is vol energie en is lief vir boomklim. Toe sy klein boetie Ambrose se ballon in ’n hoë boom vasgesit het, het Ralph opgeklim en het dit in ’n oogwink teruggekry. Hy sê dat hy reeds al die bome in die Sylvaniaanse dorpie geklim het, maar niemand weet of dit waar is nie.
Saffron hou van alles wat geel is. Haar kamer is versier met geel dinge wat sy versamel het, van geel blomme tot geel linte. Die gunsteling item in haar versameling is haar geel foto album wat vol kosbare herinneringe is. DIe enigste geel ding waarvan sy nie hou nie is suurlemoene - hulle is te suur vir haar!

Inhoud van boks

Item Code : 4172
  • Kippel dit alles!