Aaron is goed met die maak van koffie en hebiet dit om elke dag in sy tuin koffie te drink. Aangesien hy altyd gaste met die beste koffie verwelkom, kom sommige mense vir hom kuier net om sy koffie te kom geniet. Hy is gelukkig as hy aan almal wat inloer koffie kan bedien, self die wat sonder afspraak daar aankom.
Sorrel is weer baie netjies en is veral goed met wasgoed was. As sy spierwit handoeke ophang onder die pragtige hemelsblou lug, voel sy verfris en begin sing. Haar wonderlike suiwer sangstem klink so mooi dat verbygangers stop om te luister.
Gromwell kan goed swem en hy kom altyd eerste in die skool se swemkompetisie.Hy het ’n reputasie dat hy soos ’n vis kan swem want hy laat dit so maklik lyk. Alhoewel hy dieselfde hoeveelheid tyd oefen as sy vriende, het hy skielik bokant hulle begin uittroon.
Willow het goeie maniere maar is skaam. Sy groet altyd beleefd wanner sy mense ontmoet. Sy is ’n goeie luisteraar en dsu hou haar vriende baie daarvan om met haar te praat. Elke aand skryf sy in haar dagboek van al die wonderlike dinge wat deur die dag met haar gebeur het.
Item Code : | 4030 |
---|